OVK in Wes-Kaap sê spesiale kiesers is met busse aangery

Die OVK se hoofverkiesingsbeampte in die Wes-Kaap, Michael Hendrickse, sê kiesers wat nie gister hulle spesiale stem uitgebring het nie, is vandag met busse aangery. Hulle was nie gister tuis toe kiesbeamptes hulle besoek het nie. Hy sê 1 577 stemlokale is oop en werkend. Hy sê 35 tydelike strukture is opgerig en moes vandag versterk word weens sterk wind. Wyk 114 het die verkeerde stembriewe ontvang, maar dis reggestel. Hendrickse sê alle veiligheidsmaatreëls is getref.