Ovaherero, Nama verwerp reparasie-ooreenkoms

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiersvereniging het die ooreenkoms tussen die Namibiese en Duitse regerings oor reparasiebetalings vir die 1904-1908 volksmoord verwerp. Die Ovahere-opperhoof, advokaat Vekuii Rukoro, het dit vanmiddag bevestig. Politieke kommentator dr. Ndumba Kamwanyah het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Namibiese regering het gefaal daarin om die geraakte gemeenskappe in te lig, terwyl Duitse media reeds oor die kwessie berig.