Outjo-polisieman in hof oor dagga

‘n Polisiebeampte van Outjo het in die hof op klagte van die onwettige besit van dwelms en dwelmsmokkelary verskyn. Kelvin Raymond Horaseb is in hegtenis geneem nadat 15 sakkies dagga glo in sy besit by die polisiebarakke op Outjo gevind is. Landdros Peingondjabi Shipo het die saak tot 12 Augustus uitgestel vir Horaseb om regsverteenwoordiging te bekom. Hy bly in aanhouding. Die polisiebevelvoerder van die Kunene-streek, kommissaris James Nderura, is bewus van die klagte en die polisieondersoek duur voort.