Outa sê SA het nie ‘n nuwe energieminister nodig

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê President Cyril Ramaphosa het ‘n geleentheid misgeloop in sy kabinetskommeling om aandag te gee aan die aanspreeklikheid van swak presterende ministeries. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die agteruitgang van die prestasie in die ministeries van polisie, hoër onderwys, minerale hulpbronne en energie en openbare ondernemings moes verandering ondergaan het. Hy sê hoewel die aanstelling van Kgosientsho Ramokgopa as die minister van elektrisiteit verwelkom word, het die land nie ‘n nuwe ministerie nodig om aandag aan die kragkrisis te gee nie.