Outa sê besprekingsfooi vir rybewys hernuwing is afpersing

Die Suid-Afrikaanse Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het die Departement van Vervoer se voorstel verwerp dat motoriste 250 Suid-Afrikaanse rand moet betaal vir ‘n aanlynbespreking om hulle rybewyse te hernu. Die vervoerminister, Fikile Mbalula, het die voorstel verlede week in die Staatskoerant gepubliseer in die konsep-regulasies van die Padverkeers-bestuurskorporasie. Die fooi is bo en behalwe die gewone transaksiefooi vir die hernuwing van rybewyse. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dit kom neer op afpersing: