Ouers moet kinders se internetgebruik dophou

Die minister van maatskaplike ontwikkeling in die buurland, Lindiwe Sizulu, maan ouers en primêre versorgers om wakker te wees en deurentyd hule kinders se gebruik van die internet en sosiale mediaplatforms te monitor. Bevindings van die Disrupting Harm-peiling in Suid-Afrika toon tussen sewe en nege persent van kinders tussen nege en 17 jaar wat die internet gebruik, word blootgestel aan aanlyn seksuele mishandeling en misbruik. Die departementele woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die misbruik sluit in afrigting en afpersing om aan seksuele aktiwiteite deel te neem.