Ouer koeie word per helikopter vanaf Alpe vervoer

Beseerde, ouer en swakker koeie by Klausenpass in die Alpe in Switserland is een vir een per helikopter af vervoer. Meer as 1 000 koeie het hulle tradisionele 12 weke hoog in die Alpe voltooi, waar hulle elke somer opgestuur word om te wei op kruie en plantsoorte wat daar groei. Maar, nie alle koeie is gelyk geskape nie en swakker koeie is een vir een in ‘n halter geplaas en per helikopter terug vallei toe vervoer. Die diere wei amper 2 000 meter bo seevlak tydens die Switserse somer. Die res van die kudde sal teen die naweek na die vallei toe terugkeer en deelneem aan ‘n jaarlikse parade.