Oudste persoon wat valskermspring breek rekord
Al Blaschke hou die Guinness World Records-titel vir die oudste persoon wat valskermspring.
Op 97 het Al Blaschke vir die eerste keer dit oorweeg om ‘n valskermsprong te doen. Maar, hy het homself oorreed om eerder te wag tot hy 100 was. En dit is toe ook wat hy gedoen het. Sy eerste valskermsprong op sy 100ste verjaarsdag.
In 2020 het Blaschke, van Texas, op die ouderdom van 103 nog ‘n valskermspring gedoen. Hy het 14 000-voet in die lug uit ‘n vliegtuig gespring om sy kleinseuns se kollege-graduerings te vier, wat hom ‘n Guinness-wêreldrekord besorg het as die wêreld se oudste persoon wat ‘n tandem-valskermsprong voltooi.
Verlede jaar het Blaschke dit weer gedoen. Hy wou sy rekord herwin nadat die Sweedse Rut Linnéa Ingegärd Larsson dit in 2022 op die ouderdom van 103 en 259 dae gebreek het.
So op 27 November 2023, in Fentress, Texas, het die voormalige gereedskap- en matrysvervaardiger weer die oudste valskermspringer in die wêreld geword op die ouderdom van 106 jaar en 327 dae. Hy sê hy is so gesond omdat hy sy lewe lank baie water gedrink het, geoefen het, gesing en gedans het.