Oudpresident Zuma se seun het groot planne

Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika se seun Duduzane wil volgens die media in die buurland poog om aanstaande jaar by die ANC se verkiesingskonferensie die leierskap van die party by president Cyril Ramaphosa oor te neem. Hy het aan die media gesê dat ‘n mens groot mag droom en dat hy nie ‘n politikus is nie maar ‘n sakeman.Die uitlatings kom aan die vooraand van sy pa se hofverskyning Dinsdag.Die Suid-Afrikaanse polisie het intussen bekendgemaak dat spesiale eenhede ontplooi sal word om te voorkom dat ondersteuners van Zuma Dinsdag oproerig raak met sy hofverskyning in die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof in Pietermaritzburg. Hy staar 16 aanklagte van korrupsie, afpersing, bedrog, belastingontduiking en geldwassery in die gesig.