Oud-minister reageer op Namibië se uiters hoë kankersyfers

‘n Voormalige Namibiese gesondheidsminister het gereageer op die jongste kanker-statistieke in die land. Met ‘n ouderdom gestandaardiseerde koers van 66,8 per 100 000 persone, sal prostaatkanker teen die einde van 2022 die hoofoorsaak van kankersterftes in Namibië wees. Dit word gevolg deur borskanker op 57,6 per 100 000 en servikale kanker op 37,4. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, sê terwyl Namibië ‘n baie kleiner bevolking as Suid-Afrika en Zimbabwe het, het die land ‘n kanker voorkomskoers van 198,3 per 100 000,terwyl Suid-Afrika op 209,5 staan en Zimbabwe op 200,4. Dr. Richard Kamwi sê aan Kosmos 94.1 Nuus kanker kan voorkom word.