Oud-kinderadvokaat oor baba-storting

Die voormalige Namibiese kinderadvokaat het gereageer op nog ‘n geval van baba-storting wat in Katutura plaasgevind het. Die vrou wat die gru-vonds gemaak het, het gedink sy het beweging in die swart plastieksak gesien, maar die baba was dood. Kosmos 94.1 Nuus het aan Ingrid Husselmann, gevra oor presies wat die oorsake kan wees hetsy finansiële druk of ‘n tekort aan ondersteuning.