Oud-kaptein van die Warriors gee terug aan sy gemeenskap

‘n Voormalige Brave Warriors-kaptein, Orlando Haraseb, wat by die gasvryheidsbedryf aangesluit het, het teruggekeer om nie net in sy gemeenskap terug te ploeg nie, maar in die hele Namibië. Haraseb, vir wie toerisme na aan sy hart lê, het ‘n toergids- en gasvryheids-akademie op sy tuisdorp Khorixas gestig. Haraseb sê dat Khorixas naby baie lodges en toeriste-trekpleister is, daarom is dit strategies geleë vir die akademie.