Oud Beatle kry sy eie persoonlike reeks posseëls

Die voormalige Beatle, Paul McCartney, gaan sy eie persoonlike reeks posseëls kry as deel van sy rits toekennings. Brittanje se Royal Mail gaan ‘n stel van twaalf seëls uitreik wat McCartney en sy werk uitbeeld. Hulle beskryf hom as een van die mees ikoniese en blywendste musiekkunstenaars van alle tye. Agt van die seëls vertoon die omslae van die sanger en liedjieskrywer se albums. Die ander vier toon foto’s waar die 18-malige wenner van Grammy-toekennings sy musiek opneem. Die stel word aan die einde van die maand te koop aangebied en kos sowat 320-rand vir die volle stel.