Otweya-inwoners trek vandag in hul nuwe huise op Walvisbaai in

Otweya-inwoners het vandag in hul nuwe huise op Walvisbaai ingetrek. Dit volg na ‘n reuse-brand in Julie verlede jaar meer as 150 huise in die kusdorp se Twaloloka-nedersetting verswelg het. Intussen het die inwoners in tente gebly wat vandag deur die brandweer afgeslaan is. In September is 121 huise aan inwoners oorhandig.