Otjozondjupa se streekgoewerneur, James Uerikua,oor kontrakwerkers

Otjozondjupa se streekgoewerneur, James Uerikua, en die bestuur van die Grootfontein-munisipaliteit het met ‘n groep vir openbare-private vennootskappe vergader om die opskorting van hul kontrakte te bespreek. Die vergadering het ten doel gehad om ‘n oplossing te vind vir die kontrakwerkers in openbare-private vennootskappe. Dit volg nadat die munisipaliteit briewe aan die 84 werkers gestuur het om hul dienste te beëindig nadat hulle vir byna tien jaar sonder permanente aanstellings gewerk het. Uerikua verduidelik die proses en die pad vorentoe aan Kosmos 94.1 Nuus.