Otjonzondjupa-streek is broodmandjie van Namibië

Voedselsekuriteit bly ‘n groot bron van kommer in Namibië en dit is deels weens die land se laks benadering om sy landboupotensiaal te volle te benut. Selfs met streke soos die Zambezi en die Kavango wat riviere en vrugbare grond het, slaag hulle nie daarin om die broodmandjie van die land te word nie. Namibië se broodmandjie is tans die Otjozondjupa-streek wat vooruit boer. Die goewerneur van die streek, James Uerikua, praat met Kosmos 94.1 Nuus.