Otjomuise-kunsfees vind vanaf 6 tot 13 November plaas

Meer as 30 kunstenaars is gekies om aan die Otjomuise Live Arts Festival deel te neem. Die projek van die Goethe Instituut Namibië en die Nasionale Teater van Namibië gaan ‘n week lank duur vanaf 6 tot 13 November 2021 en regoor Windhoek plaasvind. Die publiek word uitgenooi na die amptelike bekendstelling van die projek deur die Windhoek-burgemeester, dr. Job Amupanda, op 6 November om twaalf-uur die middag by die Plaza Park in Soweto, Die skakelbeampte van die Nasionale Teater van Namibië, Desiree Mentor, gee meer besonderhede.