Otji is Sondag in die donker

Alle inwoners en besigheids-eienaars van Otjiwarongo word ingelig dat daar Sondag van sewe-uur die oggend tot half-sewe die aand ‘n kragonderbreking sal wees. Die geskeduleerde kragonderbreking is weens herstelwerk wat NamPower aan beskadigde infrastruktuur moet doen. Die kragonderbreking sal alle gebiede in die dorp raak, insluitend beide Telecom- en MTC-torings, NamWater, staatshospitale en winkelsentrums. Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte is aan die woord.