Otji-brand se skade word nog beraam, maar vee is verloor

Volgens berigte van verskeie boere sowel as Otjiwa en Okonjima is die brand wat Sondag reeds suid van Otjiwarongo uitgebreek het, onder beheer gebring. Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië sê die omvang van die skade word nog bepaal.