Osoongat steeds groter

Die Europese Unie se Copernicus-moniteringsdiens van die atmosfeer sê die gat in die osoonlaag is reeds so groot soos Antartika, nagenoeg 14 miljoen vierkante kilometer. Die gat in die osoon kom jaarliks tydens die lente in die Suidelike Halfrond voor en het vanjaar ‘n onopmerklike aanvang getoon, wat soortgelyk was aan verlede jaar s’n en wat uiteindelik die grootste tot op hede was. Die navorsers voorspel vanjaar se osoongat kan moontlik die grootste ooit wees omdat dit reeds groter as gewoonlik is.