Oshivelo-plaas beskryf as hengse suksesverhaal

Die Oshivelo-plaas het een van die grootste werkgewers by die Oshivelo-nedersetting geword. Die plaas neem hoofsaaklik die gemarginaliseerde San-gemeenskap in diens, wat die meerderheid inwoners in die gebied is. Die bedrywighede begin met plant en oes op die plaas en eindig met verpakking en verkope by die winkel. Plaaslike inwoners en reisigers stroom na die winkel om wortels, uie, beet en botterskorsie in voorraad te kry. Die waatlemoene vlieg hierdie somer van die rakke af. Ileni Nandjato, ‘n boer in Oshikoto, gee sy reaksie op die suksesverhaal van die Oshivelo-plaas.