Oshana-misdaadsyfers skok

Die Oshana-streek gaan volgens berigte gebuk onder misdaad met ‘n beraamde 1 800 gevalle wat in 90 dae aangemeld is. Dit kom neer op 20 gevalle daagliks. Daar was 373 diefstalle, 335 inbrake en 23 gevalle van verkragting onder die syfers. Daar was ook 19 selfmoorde. Die laaste sensus syfers van tien jaar gelede toon dat daar net minder as 177 000 inwoners in die gebied is. Die polisie se streeksbevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria het inwoners aangemoedig om buurtwagte te vorm en ook, om misdaad betyds aan te meld.