Oshana kort ‘n nuwe benadering vir inentings

Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, sê daar moet ‘n ander benadering gevolg word in die stryd teen Covid-19, veral rakende inenting om kudde-immuniteit te bereik. Irimari sê dit na ‘n onlangse inentingsveldtog van die gesondheidsministerie in die noordelike streke waar inentingskoerse laag is. Oshana het die derde laagste inentingskoers landwyd ná die streke van Zambezi en Ohangwena. Slegs 19 184 inwoners van Oshana, of 15,2 persent, is ten volle ingeënt.

Die goewerneur is bekommerd oor die feit dat Oshana die derde laagste inentingskoers landwyd het.