Oseaanmynbou: roep asb eers halt

Plaaslike media berig dat meer as 350 navorsers, plaaslik en internasionaal, ‘n moratorium op oseaanmynbou aanvra. Die vorm van mynbou ontgin minerale, wat fosfaat insluit, op die seebodem. In Namibië word diamante ook so ontgin maar, dit vind in vlakker waters plaas. Die plaaslike visbedryf is ook teen enige fosfaat-ontginning in Namibië gekant en sê visserye en fosfaat mynbedrywighede kan nie saam plaasvind nie. Die span wetenskaplikes, wat 44 lande verteenwoordig vra dat die bedrywighede wêreldwyd eers gestaak word tot die werklike impak daarvan bepaal kan word. Namibia Marine Phosphate is onlangs beveel om ‘n nuwe omgewings impakstudie te voltooi na ‘n hofaansoek deur die visbedryf gebring is.