Osaka moet veilige hawe vind – Chris Evert

Die Amerikaanse tennislegende Chris Evert sê Naomi Osaka van Japan moet ‘n veilige hawe vind en hulp soek om die dilemma waarin sy haar bevind, te hanteer. Die tweede gekeurde Osaka het aan Roland Garros onttrek na ‘n omstrede besluit om nie verpligte nuuskonferensies ná wedstryde by te woon nie. Sy het onthul dat sy aan angs en depressie ly sedert sy in 2018 die Amerikaanse Ope gewen het. Die viermalige grand slam-wenner moet nog bekend maak of sy vanjaar aan Wimbledon gaan deelneem. Wimbledon se organiseerders het intussen gesê hulle wil betekenisvolle verbeterings aanbring aan onderhoude na wedstryde.