Orkaan Ida laat duisende mense vlug

Die orkaan Ida het oor die warm water van die Golf van Mexiko spoed opgetel en tien-
duisende mense van kusgebiede laat vlug. Die Amerikaanse president Joe Biden het
beloof om state te help om vinnig te herstel sodra die storm verby is. Voorspellers het
aan Reuters gesê Ida kan die land vanaand as ‘n uiters gevaarlike Kategorie 4-storm
tref. Dit kan winde van tot 225-kilometer per uur asook swaar neerslae en gety-golwe
veroorsaak wat die kuslyn van Louisiana onder ‘n paar meter water kan laat.