Orgaanskenkings – geen plaaslike stelsels nie, alles staan stil

Namibiërs wat orgaanskenkings nodig het, het baie groot uitdagings en maak staat op Suid-Afrika vir bronne, operasies en kennis. Namibië het ook nie sy eie databasis van skenkers nie. En nou, met die heersende pandemie is daar ook geen oorplantings wat in die buurland plaasvind nie wat talle Namibiërs se lewens in gevaar stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige minister van gesondheid dr. Bernard Haufiku, wat deel was van die eerste en enigste nieroorplanting in Namibië, gepraat.