Orale hondsdolheid-inentings vir noordelike kommuniale gebiede

Die Namibiese landbouministerie sal binnekort orale hondsdolheid-inentings instel om
sogenaamde kudde-immuniteit van die hondebevolkings in die noordelike kommuniale
gebiede van die land te verseker. Dit kom nadat die ministerie en belanghebbendes ‘n
loodsprojek in Omusati en Oshana uitgevoer het. Sedert 2016 implementeer Namibië ‘n
Nasionale Hondsdolheidbeheerprogram wat massa-inenting van honde en katte insluit
wat toegedien word deur inspuitings, of nie-orale inentings.