Opul-besnoeiings sal nie impak op olieprys hê nie

Opul se produksie-besnoeiings van 2 miljoen vate daagliks tree vandag in werking. Volgens ontleders behoort die daling nie tot hoër oliepryse te lei nie, aangesien die meeste Opul-lede reeds nie aan produksieteikens kan voldoen nie. Simonis Storm in die hoofstad sê dat in Augustus vanjaar, was Opul-produsente reeds 3,6 miljoen vate per dag onder hul eie teiken. Onderproduksie is hoofsaaklike weens sanksies teen Iran, Venezuela en Rusland, asook onderbeleggings en produksieprobleme in Nigerië en Angola. Goldman Sachs-ontleders verwag dat verlagings hoofsaaklik vanaf Saoedi-Arabië, Irak, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate kom. Opul vergader weer op 4 Desember en daarna sal hulle elke ses maande bymekaar kom. Simonis Storm meen die stap kan olieprysonbestendigheid verminder maar impliseer ook dat daar groter bewegings kan wees in aanloop tot ‘n Opul vergadering. Brent ru-olie verhandel op die oomblik rondom 94 Amerikaanse dollar ‘n vat, op van rondom 92 dollar vroeër vanoggend.