Optog vir vroue aan die kus en in die hoofstad

Die vierde jaarlikse #SlutShameWalk! vind op 22 April in Windhoek en 29 April in Swakopmund plaas. Dit is nog ‘n mylpaal vir die aktiviste en bondgenote van vrouebemagtiging in Namibië. Die beweging poog om vroue te bemagtig en die kultuur te stop om slagoffers van seksuele aanranding en verkragting te blameer. Dit is ‘n internasionale beweging wat ‘n einde vra aan patriargie en toksiese manlikheid wat vroue steeds moet verduur. Betogers beveg die verduideliking of verskoning van verkragting deur na enige aspek van ‘n vrou se voorkoms te verwys. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis, Linda Baumann, gepraat…