Opsoek na Afrika se top vegkunstenaar

Die soektog na Afrika se volgende ster in gemengde gevegskuns sal die fokus wees van ‘n nuwe dokumentêre werklikheidsreeks wat in Suid-Afrika verfilm word. Scuffle Search is die geesteskind van Scuffle Media se uitvoerende hoof, Jason van Schalkwyk. Hy wil die talente van Afrika-vegters in een van die wêreld se snelgroeiendste sportsoorte ten toon stel. Netflix het die eerste opsie op die reeks se regte. Van Schalkwyk sê die filmspan sal van Suid-Afrika na Zambië, Nigerië, die DRK, Kenia en Kameroen reis om talentvolle vegters op te spoor: