Opposisie skop vas oor Nasionale Vergadering

Parlementslede van die opposisiepartye skop steeds vas en sê hulle gaan nie terug Nasionale Vergadering nie. NV-lede van opposisieparty het Donderdag die NV-sitting vir die derde keer hierdie week geboikot. Die sitting kon egter voortgaan, aangesien dit ‘n kworum van 48 lede het, almal van die regerende party. Die woordvoerder van opposisieparty Landless People’s Movement Eneas Emvula sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat opposisiepartye se voorwaardes is voor hulle sal terugkeer parlement toe.