Opod bekommerd oor misdadige polisiebeamptes
Die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat in die buurland het sy ernstige kommer uitgespreek oor polisielede wat hulle besig hou met misdadige bedrywighede, insluitend omkopery en afpersing. Die waghond sê al meer sake waar polisielede misdade pleeg, word daagliks aangemeld en dit laat vrae ontstaan oor die aanspreeklikheid en nalatigheid binne wetstoepassing. ‘n Woordvoerder van Opod Robbie Raburabu sê die toename in misdadige bedrywighede waarby polisielede betrek word, is ‘n bron van kommer en moet aandag kry om korrupsie doeltreffend te bekamp.