Opname onder Namibiese private praktisyns gedoen

Die Namibiese Private Praktisynsforum het onlangs navorsing onder 1 729 gesondheidsorgverskaffers in Namibië gedoen en 406 het die opname voltooi. Die navorsing spruit uit die grootste debat ooit tussen lede van die forum oor kwessies soos die veiligheid en doeltreffendheid van Covid-entstowwe en die gebruik van ivermektien as behandeling teen die Covid-virus. Meer as 38 persent van die respondente glo die entstowwe is veilig en 52 persent glo die entstowwe voorkom dat pasiënte ernstig siek raak van Covid. Wat ivermektien betref, stem meer as 36 persent respondente nie teen of saam met die voorkoming van ivermektien van Covid nie en 24 persent is gekant daarteen. Die forum se risiko-adviseur, Eben de Klerk, gee van die bevindings aan Kosmos 94.1 Nuus.

De Klerk het ook gesê terwyl Namibiërs wag op die volgende aankondiging van die Covid-maatreëls, hoop hy dat inperkingsmaatreëls verslap sal word weens die hewige impak op die Namibiese ekonomie.