Oplewing in bende-geweld treiter inwoners

ActionSA in Gauteng is bekommerd oor die oplewing in die voortslepende bende- en dwelmverwante geweld wat die gemeenskappe van Eldorado Park en Westbury in Johannesburg teister. Drie jong mans is die naweek in die gebiede doodgeskiet. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Funzi Ngobeni, sê die party sal vasbeslote en hand-aan-hand saam met inwoners vorentoe beweeg om misdaad en geweld te beëindig, veral in gemeenskappe wat weens die moordbendes die spit afbyt.