Opgewondenheid heers oor 32ste Rössing-marathon

Die 32ste Rössing Uranium Marathon vind Saterdag plaas. Dit sluit in die nasionale kampioenskappe se marathon, die Frank Slabbert-half marathon, ‘n wedloop oor 10 kilometer, asook ‘n pretloop oor vyf kilometer ten bate van kanker. Die nuwe Chinese ambassadeur in Namibië Zhao Weiping sal die skoot afvuur vir die wegspring by die tennisbaan-parkeergebied in Strandstraat in Swakopmund. Kaino Ilovu, Rössing se woordvoerder, sê die deelnemers is baie opgewonde.