Opgeknapte Notre Dame vandag bekend

Die Franse president Emmanual Macron lei vandag ‘n toer wat op televisie uitgesaai gaan word van die opgeknapte Notre Dame om die heropening van die katedraal Saterdag te gedenk. Die ikoniese katedraal in Parys is in 2019 in ‘n brand beskadig. Sowat twee-duisend mense, insluitend skrynwerkers, kunskenners, beeldhouers en ingenieurs het aan die projek gewerk. Macron en die Aartsbiskop van Parys Lauren Ulrich sal die seremonie open wat sal lei tot ‘n amptelike opening vir die publiek volgende Saterdag en die eerste Katolieke Mis Sondag.