Operasie Lungameni ‘n reuse-sukses 

Die nuut aangestelde Oshana-streekbevelvoerder van die Namibiese polisie, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, het ‘n veldtog van stapel gestuur om misdaad uit te roei en wet en orde in die streek te handhaaf. Altesaam 107 polisiebeamptes het aan Operasie Lungameni Fase 1 in die streek deelgeneem. Altesaam 38 verkeerskaartjies ter waarde van 40 000 Namibiese dollar is uitgereik aan bestuurders sonder geldige rybewyse of wie se voertuie nie padwaardig is nie. Die beamptes het ook beslag gelê op een ongelisensieerde vuurwapen, 13 messe, een knopkerrie, een vlakvarktand en ‘n groot aantal onwettig ingevoerde sigarette en sakkies onwettige whisky. Ses kroeg-eienaars of hul werknemers is  ‘n waarskuwing gegee nadat hulle dranklisensies verval het.