Operasangeres Mimi Coertse 90 jaar oud

Die wêreldbekende operasangeres Mimi Coertse vier vandag haar 90ste verjaardag. Sy word beskou as ambassadeur, doyenne en die hoeksteen vir Suid-Afrikaanse opera. Die Mimi Coertse-sangbeurs het mense soos Rouel Beukes en Johan Botha opgelewer. Coertse se bekendste rol, die Koningin van die Nag in die Oostenrykse komponis Wolfgang Amadeus Mozart se opera Die towerfluit het sy meer as 500 keer gesin in Basel, Napels, Milaan, Londen, Wallis en elders.