Openbare vervoerpryse in Namibië styg met 9,2%

Die Padvervoerraad van Namibië in die vervoerministerie het ‘n verhoging aangekondig vir openbare passasiervervoer van nie meer as 9,2 persent nie . Dit sal effektief vanaf môre geldig wees en volg weens brandstofprysverhogings wat gelei het tot verhoogde finansiële verliese vir taxi- en bus-operateurs. Die raad het ook gesê dat hulle klagtes ontvang het dat sommige operateurs reeds onwettige verhogings ingestel het.