Openbare ondernemings moet met die privaatsektor werk

Die Namibiese Kamer van Koophandel beveel aan dat openbare ondernemings vennootskappe met die privaatsektor aangaan. Volgens die kamer is veral die betaling van belasting deur dié entiteite belangrik om die regering te ondersteun. Die kamer meen dat groenskemas, TransNamib, die NBC, die nasionale beshuisingsonderneming en Namibia Wildlife Resorts by sulke vennootskappe baat kan vind. Vir die huidige boekjaar het tien openbare ondernemings meer as 746 miljoen Namibiese dollar in staatsubsidies ontvang – meer as 90 persent van die ministerie van openbare ondernemings se totale begroting 790,6 miljoen dollar.