Openbare onderhoude met staatsamptenare bring deursigtigheid

Die meeste onderhoude vir staatsamptenare word nou in die openbaar aanlyn gehou en dit lyk of dit ‘n tendens word. Namibiërs meen dit is meer deursigtig as onderhoude in die openbaar gehou word vir almal om te sien. Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner in Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n neiging na meer deursigtigheid.