Openbare Beskermer wil Ramaphosa dagvaar oor Phala Phala

Die Openbare Beskermer in die buurland het President Cyril Ramaphosa se versoek geweier vir meer tyd om te reageer op vrae oor die Phala Phala-voorval. Miljoene dollar is volgens berigte in 2020 op sy plaas in Limpopo gesteel. Die Openbare Beskermer ondersoek bewerings dat Ramaphosa die Uitvoerende Etiese Kode oortree het. Die vrae is op 7 Junie aan die President gestuur en hy het vroeër gevra die sperdatum moet uitgestel word tot na 22 Junie. Die Openbare Beskermer sê in ‘n verklaring die kantoor gaan nou sy dagvaardingsmagte gebruik om antwoorde van Ramaphosa te kry.