Ope: Nadal dring maklik deur na derde ronde

Die 20-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal het die 16de keer in sy loopbaan deurgedring na die derde ronde van die Australiese Open. Die Spanjaard het die Duitse kwalifiseerder Yannick Hanfmann op die Rod Laver-arena in skoon stelle verslaan. Nadal se volgende teenstander is die Fransman Benjamin Bonzi of die 28ste gekeurde Karen Khachanov van Rusland, wat hy in al sewe hulle vorige kragmetings geklop het. Daar word wyd bespiegel dat Nadal die 21 Grand Slam-rekord sal breek by die Ope omdat hy die enigste top-gekeurde mansspeler daar is.