Aanbieders1
Vrae oor Geingob se ellelange besoek aan New York
President Hage Geingob het teruggekom in die land na twee weke se besoek, eers aan Frankryk en toe in New York by die 78ste sessie van die VN se Algemene Vergadering. Terwyl hy talle geleenthede op die kantlyn van die byeenkoms bygewoon het, het dit reeds op 22 September tot ‘n einde gekom. Vrae word […]
Finansiële belange speel rol in KZN se politieke moorde
Die president van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê finansiële belange speel ‘n beduidende rol in vermeende politieke moorde. Dit volg op ‘n verslag deur die minister van Polisie, Bheki Cele, wat aandui 31 raadslede van die ANC, 14 van die IVP, vier van die Nasionale Vryheidsparty, twee van die EFF en twee van die […]
Vyf Zim-myners nog ondergronds vasgekeer
Vier mynwerkers is dood en nog vyf is ondergronds vasgekeer nadat ‘n skag in ‘n Zimbabwiese goudmyn ineengestort het. Die voorval het Vrydag in Chegutu, sowat 120 kilometer wes van die hoofstad Harare, plaasgevind by die Bay Horse-myn. Die mynwerkersfederasie se president Henrietta Rushwaya sê die oorskot van vier myners is reeds gevind maar vyf […]
Wêreldbeker-seges vir Skotland, Fidji, Argentinië
Skotland het in Lille amok gemaak en 12 drieë teen Romenië ingeryg om hulle met 84-0 pak te gee. Dit beteken ‘n moontlike uitspeelwedstryd met Ierland in Groep B van die Wêreldbekerkampioenskap. Die Springbokke is die gunstelinge om Tonga vanaand met ‘n bonuspunt te klop en Skotland het dus die maksimum van vyf punte nodig […]
Sensus: Dit sukkel met geslote plaashekke, publiek
Die adjunk-statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, Ottilie Mwazi sê daar is uitdagings met die sensus, veral met lede van die publiek wat nie vrae wil beantwoord nie. Volgens Mwazi, is daar veral uitdagings met plaashekke wat gesluit is en lede van die publiek wat nie samewerking gee nie. Dit is moontlik dat die persone nie […]
Meisie, 1, brand dood op Hentiesbaai
‘n Een-jarige dogtertjie is op Hentiesbaai dood nadat die huis waarin sy geslaap het aan die brand geslaan het. Die Erongo-polisie sê die voorval het by die Omdel-plotte plaasgevind. Daar word vermoed die familie het ‘n brandende kers in die huis gehad en aan die slaap geraak. ‘n Nadoodse ondersoek is gelas.
DA verwelkom Transnet hoof se bedanking
Die DA het die bedanking van die Portia Derby as die uitvoerende hoof van Transnet verwelkom. Die party het dit as die eerste groot stap beskryf om die lotgevalle van die sukkelende staatsonderneming om te draai en dit van die randjie van ineenstorting te red. Ghaleb Cachalia van die DA sê die ampstydperk van Derby […]
Regeringstilstand ter elfder uur in VSA afgeweer
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het laat Saterdag 335-91 gestem om die regering vir ‘n verdere 45 dae te finansier, met 209 Demokrate wat die maatreël ondersteun vergeleke met 126 Republikeine. Die Senaat met ‘n Demokratiese meerderheid het toe 88-9 ten gunste van die maatreël gestem net drie ure voor die sperdatum om middernag om […]
Katima se bejaarde mielieboere sal seker nie betaal word nie
Dit wil voorkom asof die groep bejaarde boere in die gebied van Katima Mulilo, wat steeds wag op betaling vir mielie-oeste wat hulle reeds in 2021 aan die plaaslike meulenaar Agrimill verkoop het, moontlik nie betaal sal word nie. Agrimill het die week se mosiehof-rol gehaal met ‘n lening van 50 000 Namibiese dollar wat […]
Ses mynwerkers sterf in Zim na myn ineenstort
Ses mynwerkers is dood ná ‘n grondineenstorting by Zimbabwe se Bay Horse-myn in Chegutu, 100 kilometer wes van die hoofstad Harare. Die land se staatstelevisie, ZBC TV, sê ses lyke is reeds uit die myn gehaal, terwyl nog 15 mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer is en reddingspogings aan die gang is. Daar was aanvanklik 34 mynwerkers […]