Oos-Kaapse munisipaliteite vermors R20 miljard

Die DA het die premier van die Oos-Kaap, Oscar Mabuyane, gevra om dringend ‘n kommissie van ondersoek na staatskaping in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit aan te stel. Ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in die munisipaliteit kom tans op 20 miljard Suid-Afrikaanse rand te staan. Die DA-leier in die provinsie, Andrew Whitfield, sê die premier moet ook in hul voorgestelde kommissie van ondersoek se pligte korrupsie binne die departemente van Elekrisiteit en Energie en Menslike Behuising insluit: