Oos-Kaapse matrieks mishandel blykbaar diere met 40-dae-herdenking

Die Oos-Kaapse Departement van Onderwys doen ‘n beroep op die Hoërskool Grey en die Collegiate Hoër Meisieskool in Gqeberha om hulle ondersoeke na vermeende dieremishandeling te voltooi. Dit volg na ‘n groep leerders na bewering betrokke was by die vergiftigting van Koi-visse, die pluk en verdrinking van kuikens en die gooi van kalkoene in ‘n leë swembad. Die departementele woordvoerder, Malibongwe Mtima, sê die departement is geskok en ontsteld oor die bewerings en doen ‘n beroep op die skole om die ondersoeke vinnig af te handel. Die chaos het ontstaan tydens die matrieks se sogenaamde 40-dae-herdenking.