Oos-Kaap gaan baat by ontsoutingsaanleg

Die droogte-geteisterde Oos-Kaap gaan baat by ‘n multimiljoen-rand ontsoutingsaanleg in Port Alfred. Dit is die eerste in die provinsie, met toerusting aan die voorpunt van tegnologie om seewater te behandel sodat dit geskik is vir menslike gebruik. Quality Filtration Systems se direkteur, Musawenkosi Ndlovu, het gesê die projek is enig in sy soort omdat dit ‘n ontsoutings- en afvalwater-aanleg op dieselfde perseel het. Die ontsoutingsaanleg sal daagliks twee miljoen liter water bewerk en die afvalwater-aanleg, drie miljoen liter.