Oorweging om Pretoria Dieretuin in navorsingsentrum te omskep

Die Suid-Afrikaanse minister die omgewing, Barbara Creecy, het onthul die regering oorweeg dit om die Pretoria Dieretuin in ‘n navorsings- en wetenskapsgerief te omskep. Sy het beklemtoon dat die fokus op wetenskaplike dienste soos genetika, DNS-profiele, veeartsenykundige dienste en die bio-bank sal wees om by te dra tot die verbetering van die natuurlewe-ekonomie en om wildmisdaad te bekamp. Creecy sê regoor die wêreld beweeg mense weg van dieretuine, wat veroorsaak het dat die Suid-Afrikaanse regering ook hulle toekoms bevraagteken.