Oorstromings in Tshwane ná swaar reën

Tshwane se nooddienste sê hulle gaan vandag voort om alle moontlike oorstromings-brandpunte te monitor. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het inwoners gewaarsku oor vlak twee ontwrigtende reënval. Die woordvoerder van die nooddienste, Charles Mabasa, sê Donderdag was daar oorstromings in strate in Pretorias envoertuie het plek-plek vasgeval.